Skip to content

Water problems in Mookgophon

apmookwater01apmookwater16apmookwater30apmookwater34apmookwater52apmookwater54apmookwater56apmookwater68apmookwater73apmookwater84apmookwater86

Vir jare lank al is die krane van Mookgophong elke nou en dan vir lang rukke sonder water. Pieter Steyn en Alet Pretorius (foto’s) het die dorp besoek.
“Naboom (Naboomspruit, Mookgophong) is op water gebou, maar ons het nie water nie. Die eerste keer wat ek onthou wat ons met water gesukkel het, was in 2005,” sê Andries Kemp (48), ’n sakeman op die dorp, terwyl hy langs ’n gat in sy oprit staan waar daar die vorige dag ’n boorgat gesink is.

“Daar is net in dié week al vier boorgate geboor in Gholfpark.”

Gholfpark is ’n uitbreiding in die dorp waar meestal bejaardes woon.

Ry jy deur Gholfpark, sien jy elke huis het minstens een JoJo-tenk, maar meestal is daar twee of meer.

Omdat Gholfpark “hoog” lê, is dit een van die dele wat eerste sonder water sit.

“Dis nie dat hier nie water is nie. Die infrastruktuur is net hopeloos. Dit word nie in stand gehou nie,” tier Kemp.

Leer meer op Netwerk24

px

 

Leave a comment

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

No Instagram images were found.

Categories

Archives