Skip to content

Rock Art: Makgabeng Plateau

apmakgabeng03apmakgabengI16aprockart05aprockart06aprockart09aprockart10aprockart13aprockart16aprockart18aprockart21aprockart27

’n Kriskras van ou voetspore

In die verre noordoostelike hoek van Suid-Afrika is ’n skatkis vol kunswerke, kultuur, geskiedenis en biodiversiteit waarvan min mense bewus is. Elise Tempelhoff en Alet Pretorius (foto’s) het die Makgabengplato anderkant Polokwane besoek.

Die Blouberg-Makgabeng-Senwabarwabana (BMS)-gebied is ’n mikrokosmos van die land se geskiedenis.

Die voetspore van die vroegste inwoners loop hier oor- en deurmekaar: dié van die San, Khoi-Khoi, Noord-Sotho’s, Vendas, Duitse sendelinge, Britte, Afrikaners en die bruin afstammelinge van Coenraad de Buys. Dit is ’n ontmoetingsplek van baie van die land se kulture.

Dr. Tlou Setumu, ’n kultuurhistorikus, se lewenstaak is om BMS as ’n nasionale erfenisgebied te bewaar.

Hy het onlangs as senior bestuurder van erfenisonderrig op Robbeneiland bedank om hom hierop toe te spits. Setumu is op Early Dawn, ’n gehuggie aan die voet van die Makgabengberg, gebore.

Sowat 35 km daarvandaan in die toerismekantoor van die Blouberg-munisipaliteit in Bochum (Senwabarwabana) werk Jonas Tlouamma.
Hy ken elkeen van die meer as 700 rotstekeninge bo-op die Makgabengplato soos die palm van sy hand. Hy het 15 jaar lank, van 1989 tot 2004, naweek vir naweek saam met Ed East­wood, plant- en dierkundige, in die klowe rondgeklouter, foto’s van die rotstekeninge geneem en dit gehelp dokumenteer.

Eastwood is op 28 Oktober 2008 aan kanker oorlede. Die boek, Capturing the Spoor, oor die tekeninge by Makgabeng waaraan hy en Tlouamma gewerk het, het drie jaar ná sy dood, in 2011 verskyn.

Tlouamma is vandag ’n kantoorwerker, maar sy hart is dáár, bo-op die Makgabengplato. Hy lewe daarvoor om vir mense die deur na die skatkamer teen die rotse op die plato oop te maak.

“Hier kom nie baie mense nie. Onlangs was hier bergklimmers wat ek ’n bietjie rondgewys het. Hulle was geskok toe hulle sien wat hier versteek is.”
Ook Tlouamma beywer hom sedert 2002 daarvoor dat BMS ’n nasionale erfenisterrein word. Die wiele van die staat draai egter stadig en die moontlikheid dat die hele gebied geskend kan word deur byvoorbeeld groot behuisings- of mynbouprojekte is groot.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

There was an error retrieving images from Instagram. An attempt will be remade in a few minutes.

Twitter Updates

Categories

Archives

%d bloggers like this: