Skip to content

Bochum

apfranz16apfranz24apfranzbochum02apfranzbochum06apfranzbochum15apfranzbochum30apfranzbochum33apfranzbochum35apfranzbochum37apfranzbochum38apfranz40

apfranzbochum01

apfranzbochum08

apfranzbochum22

apfranzbochum23

apfranzbochum28

apfranzbochum31

Storie:  Elise Tempelhoff

By Bochum, sowat 30 km van Makgabeng, is prof. Carl Franz (86) ook aan die woeker om sy grootouers en ander familielede se nalatenskap te bewaar.

Franz, ’n afgetrede chirurg van Pretoria wat ook in die omgewing gebore is, werk tans nou saam met die departement kuns en kultuur om die Helene Franz-hopitaal, ’n inrigting vir melaatses, ’n hanetree daarvandaan gerestoureer en bewaar te kry.
’n Meesterplan vir die bewaring van die omgewing is reeds opgetrek.
Franz se oupa, Robert, was ’n Berlynse sendeling wat in 1897 na Blouberg (Blaauwberg) gekom het. Sy vrou, Helene, was ’n verpleegster en het in die hospitaaltjie daar naby gewerk.

Hier het Robert Franz tussen 1908 en 1914 die Lutherse kerk Bochum gebou. Bochum is na die gelyknamige stad in Duitsland genoem.

In 1914 is ’n sentrum vir melaatses ook in Bochum gebou. Robert Franz is as die superintendent aangestel.

Byna 40 jaar lank het Helene as ’n verpleegster by die hospitaal in Bochum gewerk. Dit is ná haar dood in 1935 na haar vernoem.

Prof. Franz sê hy het “teen die eeuwending” gesien sy grootouers se nalatenskap is vervalle en het besluit dit moet “sover moontlik gerestoureer” en bewaar word.
Hy het aanhoudend briewe vir die owerheid geskryf en verlede jaar is ’n deurbraak gemaak toe landskapargitekte aangestel is om planne vir die erfenisterrein op te trek. Nou moet die plan goedgekeur word en die restourasiewerk moet begin.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Jacuzzi Sunday Painting

Twitter Updates

Categories

Archives

%d bloggers like this: