Skip to content

Smile

I recently took pictures  at the George Mukhari hospital in Ga-Rankuwa where the Smile Foundations provided Skin graft surgery to 2 burn victims, Simon Shetuhanga and Josef Mingarindja.  They burnt in a fire at Vingerkraal near Bela-bela in which 10 other children died.

Simon Shetuhanga (21)

 Josef Mingarindja (17)

Like the Smile Foundation on Facebook.

The story in Beeld:


Duur hulp ná brand

Antoinette Pienaar

Hulle droom nog van die vlamme en hoe hulle vasgekeerde maatjies geskree het om hulp.
So vertel twee jong mans van die winterdag twee jaar gelede toe tien van hul maats in ’n veldbrand doodgebrand het by Vingerkraal naby Bela-Bela.
Joseph Mingandja (17) en Simon Shetuhanga (21) het vandeesweek peperduur veloorplantings gekry in die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa.
Dit was danksy skenkings van die Smile-stigting.
Hulle is onder net sewe kinders wat die brand oorleef het.
“Ek het pas my skoolklere uitgetrek toe ek sien die veld brand.
“Sewentien van ons is soontoe om die vlamme te blus, vertel Mingandja.
“Skielik was die vlamme om ons. Ons was teen ’n geëlektrifiseerde heining vasgekeer en kon nie daaroor kom nie.
“Daar was nêrens om heen te gaan nie en die enigste uitweg was om dwarsdeur die vlamme te hardloop.
“Ek onthou nog die gille en dat van die kinders geval het. Ek het ook gegil toe ek brand.”
Shetuhanga sê hy het die pyn eers gevoel nadat die ambulans ontbied is.
“Drie van die kinders wat daar dood is, was my maats. Ek droom nou nog soms van vuur.”
Shetuhanga het eers gehoor van al die sterftes nadat hy self uit die hospitaal ontslaan is.
Nog ’n meisie het danksy Children of Fire chirurgie aan haar hande gekry, maar daar is nog vier kinders wat behandeling benodig.
Volgens Matilda van der Merwe van die plaaslike gemeenskap gaan dit swaar in Vingerkraal. Baie inwoners is die families van oud-Koevoet-soldate wat nie werk het nie.
Sommige kom van Namibië en het nie die nodige identiteitsdokumente om staatstoelaes te kry nie.
Volgens Michelle Gerszt van die Smile-stigting het Shetuhanga en Mingandja berading gekry voor hul chirurgie.
Die doel van die chirurgie was hoofsaaklik om die erge keloïedweefsel te verwyder.
Dié weefsel kan ’n pasiënt se beweging so inperk dat die doel eerder is om die mense funksioneel te kry as mooi.
Die sintetiese vel wat in die prosedures gebruik is, kos volgens Gerszt sowat R45 000 per stuk.
Die stigting het al sowat 1 000 kinders gehelp deur samewerkingsooreenkomste met Suid-Afrikaanse staatshospitale.

 

Advertisements

1 reply »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Motion@ Scaffolding

Twitter Updates

Categories

Archives

%d bloggers like this: