Skip to content

Aardklop 2010

Die kortstondige raklewe van Anastasia W (Afr.) (Geen o/18: S/T/D/G)
Die gevierde skrywer Marlene van Niekerk (Triomf, Agaat) pak saam met regisseur Marthinus Basson ’n vlymskerp satire aan. Musiekteater met ’n tikkie van
die absurde, ’n dwarsklap swart humor en ’n gesonde porsie sosiale kommentaar. Musiek: Braam du Toit en Mr Cat and the Jackal. Met o.a. Nicole Holm en
Eben Genis. Aangebied deur TEATERteater. Ko-produksie: Aardklop en Absa KKNK. Ondersteun deur die Hiemstra Trust en Het Jan Marais Nationale
Fonds. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.



Spyt (Afr.) (Geen o/16: T/S)
Te laat, te laat, altyd te laat. Manne en meisies en waarop dit afstuur. Brose harte, begerige lywe, ai. En dan daarna. Spyt. ’n Verhoudingsdrama met ’n verskil:
tragi-komiese opset, donker humor, eiesoortige dialoog. So verskriklik vermaaklik, so verskriklik verskriklik. Nie vir fyngevoeliges of preutses nie. Ingrid
Winterbach is wenner van die Hertzogprys. Spyt is haar eerste verhoogstuk. Awesome. Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds en Aardklop21.
Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.


Betésda (Afr./veeltalig) (Geen o/14: T)
Dié ruimtelike teaterproduksie – uit die pen van Nicola Hanekom en met o.a. Neels van Jaarsveld en Stian Bam – het gehore gaande gehad en is met drie
Kannas bekroon (beste produksie, beste debuutwerk en beste regie). Met ’n goeie dosis drama, choreografie en musiek word feesgangers op ’n apokaliptiese
reis geneem: soms snaaks, soms ontroerend en altyd opwindend.



Konsertina 11430 (Afr.) (A)
Kom saam op ’n ontdekkingsreis deur die lewensdagboek van ’n Wheatstone-konsertina uit 1862. Beleef sy bydrae tot die versagting van leed, tot aanbidding,
sy rol in die Afrika-volksdanskultuur, uitsonderlike uitdrukking van die liefde, sy toejuiging van uitbundige vreugde en verheffing tot die ikoon van ’n vurige,
uitsonderlike volkseie-kultuurmusiekinstrument. Met Ollie Viljoen (musikale regisseur en musikant), Ian Roberts (verteller en musikant) en Niël Rademan
(regisseur). Vervaardiger: Ingrid Howard. Première.

Lize Beekman: Ek was al daar (Afr.) (A)
Met haar eerste DVD, Ek was al daar, bring Lize Beekman van haar liedjies – oud en nuut – byeen, saamgestel uit haar loopbaan van dertien jaar. Sy word
erken as een van ons land se talentvolste liedjieskrywers en aanhangers, musici en resensente vind vreugde in haar musikale reis, wat sowel universele en
dieperliggende temas ondersoek. Ook met Jaconell Mouton (klavier).

Ripped (A)
A theatrical dance explosion of rhythm, athleticism, artistry and entertainment, which could be paralleled to the likes of a racing action-thriller film or a wildly
colourful, form-inspired Kandinsky. A celebration of South African choreography, including works by Kelsey Middleton and Supa Zungu. Presented by
Kmad.com.


Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

There was an error retrieving images from Instagram. An attempt will be remade in a few minutes.

Twitter Updates

Categories

Archives

%d bloggers like this: